Slaapkamer in Arles

Slaapkamer in Arles
Vincent van Gogh, 1888
Olie op doek, 72 × 90 cm
Van Gogh-museum

Slaapkamer in Arles (Frans: La Chambre à Arles; Nederlands: Slaapkamer te Arles) is 'n skildery deur die 19de-eeuse Nederlandse skilder Vincent van Gogh. Dit is 'n uitbeelding van Van Gogh se slaapkamer by sy "Geel Huis" Geargiveer 11 Maart 2007 op Wayback Machine in Arles, Bouches-du-Rhône, Frankryk.

Van Gogh het Slaapkamer in Arles in Oktober 1888 geskilder terwyl hy daar gewoon het kort voor sy opname in die psigiatriese inrigting by die Klooster Saint-Paul de Mausole. Die skildery is bekend vir die gebruik van kleur en perspektief.

Van Gogh het aan sy broer Theo oor die skildery geskryf hy wil uitdrukking gee aan rus en die eenvoud van sy slaapkamer benadruk met behulp van die simboliek van kleure.

"Ek het die mure bleeklila geskilder, die vloer ’n geruite rooi, die geel van die stoele en houtbed is dié van vars botter, die kussings en laken ’n bleek lemmetjiegroen, die deken bloedrooi, die toilettafel oranje, die kom blou, die venster groen. En dit is al. Daar is niks anders in die kamer met toe hortjies nie. Die vierkantige meubelstukke moet doelgerigte rus voorstel; ook die portrette teen die muur, die spieël, die bottel, en 'n paar kostuums. Wit is nie in die skildery gebruik nie, die raam sal dus wit wees. Ek het geen vorm van skadu uitgebeeld nie; ek het slegs eenvoudige kleure gebruik soos dié in pannekoeke."

Die skildery hang tans in die Van Gogh-museum in Amsterdam.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search